 |
|
Caritas is nie net 'n gastehuis vir akkommodasie nie, maar ook die ideale plek vir funksies, konferensies en kursusse.
Caritas is 'n Latynse woord wat in Engels soos volg saamgevat word: "dearness, love, esteem and caring".
Ons Fasiliteite:
- ontbyt en aandetes
- veilige parkering (toesluit motorhuis)
- uitsig oor plaas - rustige atmosfeer
- braaigeriewe en braaipakke (bykosse kan verskaf word op versoek)
- TV-kamer
- gastekamers met buitedeure
- elke gastekamer het eie, privaat badkamer
- ketel met koffie en tee in kamers
- haardroërs in kamers
- fasiliteite vir funksies, konferensies en onthale
|

Die sitkamer waar besoekers kan ontspan |

Die eetkamer waar besoekers 'n heerlike ontbyt kan geniet
|
 |
 |
|
Die doelwit van Caritas Vitaliteitsentrum is om 'n persoon wat weens die gejaagde lewe, spanning, 'n traumatiese gebeurtenis, persoonlike redes of vir selfverryking, die geleentheid te bied om in 'n stil en rustige atmosfeer op die platteland, in die hartjie van die Oos-Vrystaat, te ontspan en hom/haar te verryk.
Die kursusmateriaal word op 'n praktiese wyse in werkswinkel verband aangebied en is op 'n Christelike basis gefundeer. Van die kursusse wat aangebied word, is:
- Toerusting en Trauma Beradingskursus:
(Kursus duur vanaf Maandagoggend tot Vrydagmiddag)
'n Persoon wat deur 'n moeilike tyd gaan as gevolg ban 'n traumatiese gebeurtenis, gaan in groepsverband 'n week van berading deur, wat hom/haar in staat sal stel om met nuwe perspektief, entoesiasme en vaardighede die toekoms aan te pak. 'n Praktiese werkswinkel benadering word deurgaans gehandhaaf in 'n rustige omgewing wat daartoe sal bydra dat u ontspan met nuwe inspirasie en lewenskrag. Hierdie beradingsweek word op 'n Christelike basis gefundeer en geestelike ankers word uitgelig om lewenswaardes en positiwiteit vas te lê. Belê in uself en neem dié stap vorentoe sodat u u potensiaal ten volle kan uitleef.
- Huweliksverrykingskursus:
(Kursus duur vanaf Vrydagmiddag tot Sondagoggend)
Ontdek jou huweliksmaat se unieke kwaliteite opnuut en vul mekaar se behoeftes aan deur saam 'n naweek deur te bring in 'n rustige omgewing. Hierdie verrykingskursus sal u help fokus op u rol in die huwelik. Daar word klem gelê op die balans tussen u beroep, geestelike sy en gesinslewe. Interessante sessies met spanwerk, wedersydse vertroue, waagmoed en ondersteuning aan mekaar, sal sorg vir ligte vermaak en ontspanning. Maak hierdie belangrike afspraak met u lewensmaat en wees deel van 'n onvergeetlike naweek.
- Besigheidspanbou en Toerustingskursus:
(Kursus duur vanaf Vrydagmiddag tot Sondagoggend)
'n Spanbou kursus is 'n moet vir u en u personeel om positiwiteit, ontwikkeling van volle potensiaal en werksbevrediging te bevorder. Dit sal 'n positiewe bydrae lewer wat groter sukses tot gevolg sal hê in u firma/ besigheid. Kom deel in 'n naweek van erns en pret met vele interessante sessies wat op 'n informele en praktiese wyse aangebied word.
Groepbesprekings moet vroegtydig gedoen word om in al u behoeftes te voorsien en om te verseker dat ons u kan akkommodeer.
|
| Kontak David of Riana Brink vir verdere inligting of plekbespreking vir die kursus van u keuse. Ons sien uit daarna om u te ontvang. |
|