Senekal N5 Dutch Reformed church in centre Scheepers OK Grocer
Tuisblad | Oor Senekal | Waar om te Bly | Wat om te Doen | Besighede | Gemeenskap | Advertensies | Besoekersboek | Kontak ons

Community / Gemeenskap

OOS WES TUIS BES FEES

Senekal 2010

Die eerste volwaardige Oos Wes Tuis Bes Fees was ’n reuse sukses en Feesgangers kon nie uitgepraat raak oor die aangename atmosfeer en “waarde vir geld” wat hulle tydens die Fees ervaar het nie.

Almal sien uit met afwagting na die 2e Oos Wes Tuis Bes Fees en die Komitee het onderneem om nie teleur te stel nie.


Doel van die Fees vir 2010

Ons bevestig weereens die doel van die fees:

  1. Bemarking van Senekal as toerisme bestemming
  2. Skep van nuwe besigheidsgeleenthede veral vir die kleinsakeman en entrepreneurs
  3. Geleentheid vir inwoners om saam te ontspan
  4. Fondsinsameling vir volgende jaar se fees asook vir ’n vooraf geïdentifiseerde instansie binne Senekal wat fondse benodig
  5. Om feesgangers van buite Senekal na die fees te lok

Datum van Fees

24, 25 en 26 September 2010


Wat kan tydens die 2e Fees verwag word?

Die gedetailleerde program sal eers later bevestig en vrygestel word, maar die breë verloop van die Fees sien as volg daaruit:

Donderdag, 23 September 2010

  • Skoonmaak en voorbereiding van die feesterrein
  • Opslaan van tente
  • Uitmerk van stalletjies
  • Trekking vir toekenning van stalletjies

Vrydag 24 September 2010

  • Strand Vlugbal toernooi
  • Pretdraf
  • Deelname aan Nasionale Braaivleis Dag
  • Uitdunne vir die Senekal talent kompetisie
  • Stalletjies
  • Konsert deur Henk Grimsell plus NOG Een
  • Die aand sal daar ’n regte Boere Opskop wees
  • Daar word voorsiening gemaak vir die volgende:
    • Biertuin
    • Koeldrank en lekkers
    • Teetuin
    • Allerlei eetgoed
  • Belangstellendes mag die naweek op die terrein kampeer. Slegs karavane word toegelaat.

Saterdag 25 September 2010

  • Ten minste 40 uitstallers en verkopers
  • Boereontbyt
  • Biertuin
  • Besigheidsaflos
  • Perderitte vir kinders
  • Finaal van Talentkompetisie
  • Baba en kleuter kompetisie
  • Troeteldier kompetisie
  • Armdruk
  • Magical Productions – kulkunstenaars, mini-olimpiade, gesigverf, ens.
  • Optrede deur verskeie kunstenaars
  • Reuse glybaan
  • Restaurant
  • R1000,00 prystrekking
  • Aankondiging van Intro Kompetisie
  • Aankondiging van Toerisme Foto kompetisie

Sondag 26 September 2010

Gesamentlike Erediens op tyd en plek wat nog bepaal moet word.

ALLE BESPREKINGS EN NAVRAE KAN NOU REEDS GERIG WORD AAN:
Mike Odendaal: 083 411 6710
e-pos: mikeodendaal@mtnloaded.co.za

Advertise with Us

If you find any broken links or any outdated information please report it to the Webmaster.

Oos Wes Tuis Bes Fees


© Curiously Creative. All rights reserved.