Tuisblad | Oor Senekal | Waar om te Bly | Wat om te Doen | Besighede | Gemeenskap | Advertensies | Besoekersboek | Kontak ons

Hompie Kedompie

Hompie Kedompie Kleuterskool se strewe:

Om alle kleuters skoolgereed te maak in alle opsigte. Dit is my oortuiging dat gesonde, gebalanseerde kinders, intellektuele, emosionele, sosiale en fisieke stimulering benodig deur alle fases van ontwikkeling in hul opweg-wees-na volwassenheid. Ons bied ’n gestruktureerde skoolgereedmakingsprogram aan, om aan hierdie vereiste te voldoen. ’n Groot speelgrond waarin hulle veilig kan voel, heerlik kan baljaar en leer. Hompie Kedompie het ontstaan uit die passie wat ek het vir my beroep en my liefde vir dit wat ek doen, en was nog nooit op wins gemik nie.

Ouderdomme: Kinders vanaf 3 jaar tot Graad R.
Graad R is vir my die spieël wat ek bereik het: naamlik om kinders gereed te hê vir skool.

Ouers van skool: Wonderlike, positiewe ouers en poog altyd om almal te betrek.

Pligte: Om te alle tye dit so aangenaam en leersaam met speel as moontlik te maak. Informeel is die wagwoord! Daar is altyd uitstappies, ’n atletiekfees vir die hele gesin, konsert en ’n kersboom.

Ons maak ook van die volgende dienste gebruik:

  • Playball - kontak Lomé van den Heever by 083 454 9795
  • Kindermusik - kontak Belinda Campher by 083 421 0217
  • Day by Day program (Early Childhood development) - webwerf: http://www.daybydayecd.co.za


Belangrike inligting:

Skoolgelde vir 2010:
5 dae = R1020.00 per kwartaal
4 dae = R850.00 per kwartaal
3 dae = R700.00 per kwartaal
2 dae = R500.00 per kwartaal
 
Nasorg:
(middagete ingesluit)
5 dae = R300.00 per maand
3 dae = R180.00 per maand
Op 1 dag basis: R25.00 per dag
Net middagete (tot 14:00) = R15.00
 
Skoolure:
Skool oop vanaf 7:15 - 13:15
Opvoedkundige program begin: 8:30 - 12:30
Nasorg begin 14:00
 
Skoolhoof:
Mev Wilma Bester
Tel: (058) 481 3651
Sel: 084 313 1748
 
Benodigdhede:
Rugsak/tas (groot genoeg vir kosblik, waterbottel, skoene en baadjie)
1 x 50 bladsy Flip file
Pak van 10 rolle toiletpapier
Pak van 72 wipes (kwartaalliks)
1 houer snesies (kwartaalliks)
Pak van 100 lekkergoed
ekstra broekie
toebroodjie en/of vrug
bottel water (koeldrank word verskaf)
Hompie Kedompie kinders
Hompie Kedompie Kleuterskool 2009
 
Playball 2009
Playball 2009
Kindermusik 2009
Kindermusik 2009

Belangrike nommers:

Ouerkomitee vir 2011:
Nicolet Heyns (voorsitster)083 737 3890
Riana Oberholzer (projekte/sekretaresse)079 501 9009
Wilna Olivier (bemarking)082 976 9937
Sonnika Mahne (Kurrikulum/tema's) 

Hompie Kedompie Resepteboek 2008:

Om meer te lees oor die Hompie Kedompie resepteboek of dit te bestel, kliek hier.

Advertise on the Senekal Website
To have your establishment listed on this website, fill in this form or contact webmaster@senekal.biz for more information.
If you find any broken links or any outdated information please report it to the Webmaster.

© Curiously Creative. All rights reserved.