|
|
The Ring-wall with petrified tree trunks:
A wall of petrified tree trunks encircles the historic old Dutch Reformed Church. According to scientists these tree trunks are approximately 250 million years old. The longest trunk with a length of 17,5 m is situated in the western side of the ring-wall. Die fossil tree trunks were excavated next to the Sandrivier, west of Senekal. The tree fossils belong to various Dadoxylon tree species; under which is the Dadoxylon Sclerosum and is – according to some palaeontologists – related to the plant division Coniferophyta to which the current pine and yellowwood belong. |
Die Ringmuur met versteende boomstamme:
'n Muur met versteende boomstamme omring die historiese ou NG Kerk. Volgens wetenskaplikes is hierdie boomstamme ongeveer 250 miljoen jaar oud. Die langste stam met 'n lengte van 17,5 m kom in die westelike deel van die ringmuur voor. Die fossielboomstamme is uitgehaal langs die Sandrivier ten weste van Senekal. Die boomfossiele behoort tot verskeie Dadoxylon stamsoorte, waaronder Dadoxylon Sclerosum en is volgens sommige paleontoloë, familie van die plantafdeling Coniferophyta waaraan ook die teenswoordige denne en geelhoutsoorte behoort. |
The Dutch Reformed Mother Church:
The Dutch Reformed Church was built on the same place as where the original Dutch Reformed Church stood since 1875 to 1895. The church became too small and was replaced by the current church. JH and AE Till were the architects and the builder was Rowe Marshall and Hill. The church was initiated on 17 December 1896. The church is situated in Van Riebeeck Street in the middle of Senekal. |
Die NG Moerderkerk:
Die Nederduits Gereformeerde Kerk is gebou op dieselfde perseel waar die eerste NG Kerk vanaf 1875 tot 1895 was. Die kerk het te klein geword en is vervang met die huidige gebou. Die argitekte was JH en AE Till en die boumeesters was Rowe Marshall en Hill. Die kerk is op 17 Desember 1896 ingewy. Die kerk is in Van Riebeeckstraat in die middel van Senekal. |
Monuments:
A marble memorial needle commemorating the centenary of Senekal (1877-1977) is situated on the premises of the current municipal building. Situated on the corner of the Voortrekker Road and Van Riebeeck Street. A statue of a feminine angel figure was erected in honour of commandant-general FP Senekal after whom the town was named. A head and shoulder statue of the general was placed against the pedestal of the statue that is situated in the church square. Also situated in the church square are two monuments in memory of the symbolic Ox-wagon Trek of 1938. The Burgermonument, in memory of the fallen Boers of Senekal during the Anglo Boer War also stands in the church square. |
Monumente:
'n Marmergedenknaald ter herdenking van die eeufeesviering van Senekal (1877-1977) is op die perseel van die huidige munisipale gebou opgerig. Geleë op die hoek van die Voortrekkerpad en Van Riebeeckstraat. 'n Standbeeld van 'n vroulike engelfiguur is opgerig ter ere van kommandant-generaal FP Senekal na wie die dorp vernoem is. 'n Kop en skouerbeeld van die generaal is teen die voetstuk van die standbeeld, wat op die kerkplein geleë is, aangebring. Ook geleë op die kerkplein is twee monumente ter nagedagtenis aan die simboliese Ossewatrek van 1938. Die Burgermonument, ter nagedagtenis aan gesneuwelde boere van Senekal tydens die Anglo Boere-oorlog, staan ook op die kerkplein. |
The AD Keet house:
The Keet house was the home of dr AD Keet who was known as poet. Dr AD Keet and his family lived and worked in the house for more than a quarter of a century. The AD Keet house is in Zuider Street. |
Die AD Keethuis:
Die Keethuis was die woning van dr AD Keet wat bekendheid verwerf het as digter. Dr AD Keet en sy gesin het meer as 'n kwarteeu in die huis gewoon en gewerk. Die AD Keethuis in Zuiderstraat. |
Biddulphsberg
The Battle of Biddulphsberg:
The great skirmish between Boer and Brit took place here on 29 May 1900. With a superior force of 4 000 British soldiers against 400 Boers, general Rundle had to beat a retreat. The victory meant a lot for the Boer moral. Two monuments have been erected at the place from where the Boers conducted their attack. The monuments are in memory of commandant SF Haarbroek who lost his life in the skirmish with English soldiers on a kop situated on the farm Bethel; and general. AI de Villiers, who was the commanding officer of the Boer commandos of Senekal, Ladybrand, Ficksburg, Smithfield, Wepener and Thaba Nchu and who overpowered the English soldiers with the battle of Biddulphsberg on 29 May 1900. This monument was unveiled on 27 May 2000, during the 100 year commemoration of the Anglo Boer War. |
Die Slag van Biddulphsberg:
Op 29 Mei 1900 het die groot veldslag tussen Boer en Brit hier plaasgevind. Met 'n oormag van 4 000 Britse soldate teenoor 400 Boere, moes generaal Rundle die aftog blaas en het die oorwinning baie vir die moreel van die Boere beteken. Twee monumente is opgerig op die plek vanwaar die Boere hul aanval geloods het. Die monumente is onderskeidelik in herinnering aan Komdt. SF Haasbroek, wat sy lewe verloor het in die skermutseling met Engelse soldate op 'n koppie geleë op die plaas Bethel; en Genl. AI de Villiers, wat die bevelvoerder was van die Boerekommando's van Senekal, Ladybrand, Ficksburg, Smithfield, Wepener en Thaba Nchu wat op 29 Mei 1900 die Engelse Mag met die slag van Biddulphsberg verslaan het. Hierdie monument is onthul op 27 Mei 2000, tydens die 100-jarige herdenking van die Anglo-Boere Oorlog. |
Ossewabrandwag:
Die Ossewabrandwag op Senekal is op 25 November 1938 gestig. Daarna het 'n groep geïnspireerde Afrikaners het in die konsistorie van die NG-Tweetoringkerk in Bloemfontein, op Saterdag 4 Februarie 1939 bymekaargekom en die Ossewabrandwag gestig. Al die mense teenwoordig is ingesweer as lede. Hulle het gesweer om nie te rus totdat die vryheid van die Afrikaner nasie herwin is nie. Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog het baie verdeeldheid gebring. Die Ossewabrandwag wou nie hê Suid-Afrikaanse soldate moet betrokke wees nie en het gesê dat die Duitsers nie hul nasie se vyand is nie. 'n Meer aktiewe groep naamlik die “Stormjaers” is toe gestig as 'n integrale deel van die Ossewabrandwag. Hierdie groep was verantwoordelik vir dade soos die sny van telefoonlyne, ens. Hierdie dade het baie Suid-Afrikaanse soldate weerhou daarvan om na die oorlog te gaan want hulle moes eers interne stabiliteit in Suid-Afrika verkry. Die plaas Biddulphsberg was 'n sentrale punt vir die aktiwiteite van die Ossewabrandwag en die "Stormjaers" in Senekal en die omringende areas. 'n Ossewabrandwag kenteken is teen die hange van die berg geverf deur Jan Richter, wat hier geskuil het terwyl hy 'n voortvlugteling was as lid van die "Stormjaers" van die Ossewabrandwag gedurende 1942. Die kenteken is in 1982 deur Johan, Nico en Fanie Erasmus gerestoureer. |
Ossewabrandwag:
The Ossewabrandwag in Senekal was founded on 25 November 1938. A group of inspired Afrikaners then met in the vestry of the NG-Tweetoringkerk in Bloemfontein on Saturday 4 February 1939 and founded the Ossewabrandwag. All the people present were sworn in as members, with a solemn oath. They pledged not to rest before the freedom of the Afrikaner nation was reclaimed. South Africa's participation in the Second World War brought a lot of discord. The Ossewabrandwag did not want the South African soldiers to be involved and said that the Germans were not their nation's enemies. A more active group, namely the "Stormjaers" was then founded as an integral part of the Ossewabrandwag. This group was responsible for acts such as the cutting of telephone lines, etc. These acts prevented a lot of South African soldiers from going to the war, because they had to ensure the internal stability of South Africa. The farm Biddulphsberg was the central place for the activities of the Ossewabrandwag and the "Stormjaers" in Senekal and the surrounding areas. Jan Richter, who harboured here while he was a fugitive as a member of the “Stormjaers” of the Ossewabrandwag during 1942, originally painted an Ossewabrandwag badge against the rock face. Johan, Nico and Fanie Erasmus restored it in 1982. |